Die waarborg sal nietig wees indien ongemagtigde onderdele of toebehore aangebring word.
Kelly waarborg sy produkte teen foutiewe vakmanskap en materiaal vir twaalf (12) maande vanaf datum van aankoop. Skyfketting-, Prikkel-ketting- en Swaai Laer-eenhede word as slytasie-items beskou en dit is redelik om te verwag dat hierdie onderdele dalk mettertyd vervang moet word.
Kelly bied 'n bykomende waarborg van 12 maande indien die masjien binne 2 maande na aankoop geregistreer is. Masjienregistrasies kan deur die kliënt of handelaar voltooi word op die Kelly-webwerf of, deur die van Kelly verskafte waarborgregistrasievorm in die operateur handleiding.
Kelly se waarborgbeleid dek nie misbruik, wysigings, skade tydens vervoer of produk wat nie onderhou is volgens die Kelly-onderhoud prosedures wat in die betrokke produkhandleiding uiteengesit word nie. Versuim om die masjien behoorlik te onderhou of blatante misbruik sal tot gevolg hê dat die waarborg nietig is.
Kelly behou die reg voor om geskrewe, fotografiese of video dokumentasie aan te vra voor enige waarborg magtiging. Alle waarborg navrae en versoeke vir magtiging kan gerig word aan
[email protected]/za.
Enige herstelwerk per waarborg, diens of wysiging aan produkte moet deur 'n gemagtigde Kelly-hersteller uitgevoer word en vooraf skriftelik deur Kelly goedgekeur word voordat enige werk uitgevoer word.
Kelly sal 'n "Gemagtigde Terugsendings"-kennisgewing uitreik vir enige foutiewe onderdele wat op versoek van die maatskappy teruggestuur moet word.
Enige eis vir waarborg, arbeid of onderdele moet voltooi word op die voorgeskrewe waarborg-eisvorm wat op die Kelly-webwerf gevind word.
Waarborg eise moet binne 30 dae na voltooiing van werk ingedien word. Indien verdere inligting oor die eis van die Mark Skakelbeampte versoek word, het U 30 dae om die inligting te verskaf. Indien U nie die bogenoemde instruksies nakom nie, kan die waarborg eis afgewys word.
Na voltooiing en goedkeuring van hierdie eis sal die handelaar 'n krediet op hul rekening ontvang.